top of page

Swartlandskou 2024 se Slaglam-kompetisie weer 'n sukses

24/09/18

By:

Verslagspan

Die Swartlandskou se Slaglamkompetisie van 2024 was 'n skouspelagtige gebeurtenis wat die harte van baie gewen het.

Die Swartlandskou se Slaglamkompetisie van 2024 was 'n skouspelagtige gebeurtenis wat die harte van baie gewen het. 

Die kampioen-karkas is verkoop vir R10 200, wat neerkom op R398.43 per kilogram. 

Hierdie prys is behaal deur Jannie Nelson van Busy Corner Meat Wholesalers.

Die organiseerders bedank die beoordelaars op die hoef, Tommy Moolman van Tomis Group en Jano Louw van Deli-Co Farmstyle Butchery. 

'n Spesiale woord van dank is gerig aan John Poekie Dürr, Du Toit Dürr en Simon Matthysen.

Wespin Slagpale op Moorreesburg het 'n groot rol gespeel deur die lammers te slag en na die skou te vervoer. 

Hier is Louwrens van Wyk en sy span vir julle harde werk bedank.

Tydens die karkasveiling is daar ook R6 550 ingesamel vir die Huis van Heerde Child & Youth Care Centre, geskenk deur Wespin Slagpale. 

Jan Coetzee het die kampioen karkas geteel en op die hoef was Vredesig Dormers & Suffolk die wenner. 

Die organiseerders bedank alle deelnemers, borge en ondersteuners wat die kompetisie weer 'n sukses gemaak het.


Onderskrif 1: Bo is John Dürr (WLA), Jannie Dürr (WLA) en Jan Coetzee (Vredesig). Jan het met die prys vir Kampioenkarkas weggestap. Dié wenkarkas van 'n SA Vleismerino-Suffolk-Dormerkruis het 97% behaal in die kompetisie. Vredesig Boerdery se reserwe kampioen het 96,29%  nog 'n Vredesig-lam het 3de plek behaal met 95,29%.


Onderskrif 2: Bo: Jannie Dürr (WLA), Jannie Nelson van Busy Corner Meat Wholesalers en Jan Coetzee (Vredesig).  Jannie Nelson het die wenkarkas by Jan Coetzee gekoop


Onderskrif 3: Bo: Jano Louw (Delico), Du Toit Dürr (WLA) , Magdel Mostert (Oranjeskraal boerdery), Dr Suenette Kotze (Koransrug Dieregesondheid), John Dürr (WLA), Tommy Moolman (Tomi's Groep) en Jannie Durr (WLA), Gradvell Nobless, Le-Roy Sarels en Trompie Jooste van Wittedam. Kampioen op die hoef 1 tot 3.

Latest News

24/11/19

Keep an eye on your health during the summer

With summer here, sunshine and outdoor activities bring new challenges to eye health.

24/11/19

MRB Sakekamer wen groot

Lede van die Moorreesburg Sakekamer het op 7 en 8 November deelgeneem aan die jaarlikse AHI-gala-aand en kongres in Oudtshoorn, waar hulle harde werk en toewyding aan die plaaslike ekonomie met 'n gesogte toekenning beloon is.

24/11/19

Malmesbury Tennis presteer in liga

Malmesbury Tennisklub het die afgelope naweek die Suid-Boland Tennis Liga se prysuitdeling-funksie bygewoon en hul indrukwekkende prestasies in die 5de liga gevier.

bottom of page